Eksposisie (narratief)

Narratiewe eksposisie is die invoeging van belangrike agtergrondinligting binne 'n verhaal, byvoorbeeld inligting oor die omgewing, karakters se agtergrond, gebeurtenisse wat die storie voorafgaan, historiese konteks, ens.[1] In 'n spesifiek literêre konteks bestaan eksposisie in die vorm van verduidelikende of uitleggende skryf wat in die vertelling ingebed is. Eksposisie is een van vier retoriese metodes (saam met beskrywing, redenering en vertelling) soos deur Alexander Bain en John Genung verklaar.[2] Elke retoriese metode kom in 'n verskeidenheid vorms voor, en elkeen het sy eie doel en konvensies. Daar is verskeie maniere om eksposisie aan te wend.

  1. Kaplan SAT Subject Test: Literature 2009–2010 Edition. Kaplan Publishing. 2009. p. 60. ISBN 1-4195-5261-9.
  2. Smith, Carlota S. (2003). Modes of Discourse: The Local Structure of Texts. Cambridge University Press. p. 40. ISBN 978-0-521-78169-5. Besoek op 10 Maart 2016.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search